Rook Laat Jou OUD Lyk Voor Jou Tyd

Alhoewel ons nie normaalweg daarna kyk of rokers ouer lyk as wat hulle werklik is nie, is daar ‘n defnitiewe korrellasie tussen jou gesig en landurige rookgewoontes – soveel so dat die term “smoker’s face” in 1985 tot die mediese woordeboek toegevoeg is…

stop smoking,quit smoking,fibre quit capsulesDr. Douglas Model het besluit om die stelling van nader te ondersoek nadat hy eenderse simptome by sy rokende pasiente waargeneem het. Hy het tot die slotsom gekom dat mens maklik langtermyn rokers (tien jaar of meer) kan onderskei deur die sigbaarheid van plooie (meer as verwag op enige gegewe ouderdom) en agteruitgang van die vel.

Uiteindelik kon hy maklik rokers van nie-rokers onderskei deur slegs na hulle gesigte te kyk…

Ja – die effek word eers sigbaar na jare se rook (somtyds tot tien jaar), MAAR…

DIE EFFEK KAN NIE OMGEKEER WORD NIE….!

Met ander woorde: Wanneer jy eers die simptome begin wys, sit jy daarmee vir die res van jou lewe.

As mens na die chemiese inhoud van sigarette kyk (wat stowwe soos ammoniak, kadmium, bensien, lood, piredien, ens. insluit), is hierdie effek glad nie verbasend nie.

Maar dit hou nie daar op nie…

Dink SO daaraan:

As rook ‘n verskil maak aan hoe jou gesig lyk, hoe moet die res van jou liggaam binne lyk? M.A.W., hoeveel skade is daar binnekant teen die tyd wat dit BUITE begin wys?

En onthou dis nie tydelik nie – die skade op jou gesig is permanent. Van die skade binnekant kan nog herstel word, en van dit ook nie…

So…

Wil jy regtig ouer lyk as wat jy is? Dit pla jou dalk nie NOU nie, maar wat van oor tien jaar of so, wanneer jou voorkoms skielik begin belangriker word?

Wil jy dit regtig aan jouself doen?

JOU lewe

JOU liggaam

JOU keuse

Dink mooi

Gereed om op te hou rook? Kliek Hier vir ‘n oplossing – beproef sedert 1999, totaal natuurlik en totaal veilig.