Hoekom Straf Jy Jouself so om te kan Rook?

Hoekom Straf Jy Jouself so om te kan Rook?

Dis verbasend hoeveel rokers hulself sal straf net om te kan bly rook. Jy doen dit dalk uit gewoonte, maar het jy al ooit bymekaargetel hoeveel opofferings en ontberings jy moet deurmaak om te kan rook?

Net ‘n paar gedagtes:

1. Hoeveel keer het jy al uitgegaan in die koue, wind of reen om te kan gaan rook? Is daar regtig enige iets anders buiten ‘n sigaret waarvoor jy gereeld die elemente sal trotseer?

2. Hoeveel keer moes jy al opmerkings, en selfs beledigings van nie-rokers ontbeer? Mense wat nooit gerook het nie, weet mos nie hoe moeilik dit is om los te breek van nikotien verslawing nie…

3. Jy weet dat jy jou gesondheid in gevaar stel – tog doen jy dit keer op keer net om te kan bly rook. Jy weet mense is al dood aan verskillende vorms van kanker, en ander sukkel met ernstige probleme weens langtermyn rookgewoontes – tog is jy bereid om dit te trotseer.

4. Jy is bereid om baie materiele dinge op te offer om te kan rook – doen bietjie die wiskunde en sien wat rook jou kos oor ‘n maand, jaar, dekade, ens. Doen dan die wiskunde en sien wat die geld sou werd wees as jy dit bv in ‘n uitkeerpolis sou bele, of selfs net in die bank sou spaar en rente kry daarop.

5. Jy is bereid om deur nie-rokers vermy te word – ongeag hoe graag jy met sekeres onder hulle sou wou assosieer. Hoeveel mense wat vir jou kon deure oopmaak, of dinge makliker maak, moes jy al vermy omdat hulle nie rook nie, en nie met jou ge-assosieer wil wees nie?

6. Jy is bereid om diegene vir wie jy omgee, se gesondheid in gevaar te stel – deur tweedehandse rook – ongeag watter probleme hulle mag ontwikkel daardeur. Baie mense het al gesterf weens tweedehandse rook, en baie ander sukkel met ernstige mediese probleme weens langtermyn blootstelling aan sigaretrook.

7. Jy is bereid om jare van jou lewe op te offer om te kan rook – dis statisties bewys dat die gemiddelde roker ‘n aantal jare minder leef as die gemiddelde nie-roker.

Nou kom die vraag: Hoekom straf jy jouself so? Is die twak dit werd?

Jou keuse – maar dink mooi. Baie mooi.

Gereed om op te hou rook? Kliek Hier vir ‘n oplossing – beproef sedert 1999, totaal natuurlik en totaal veilig.

social position

Share this post