Hoeveel is tien jaar van jou lewe werd?
Ja- dis ‘n strikvraag. Hoeveel is tien jaar van jou lewe werd? Dis hoeveel jy – volgens statistieke – waarskynlik sal verloor as jy aanhou rook. So – hoeveel is dit werd?
Ons ken almal die gevare van aanhou rook (indien nie, kry vir jou ‘n gratis kopie van die e-boek “121 reasons to quit smoking – onder aan die tuisblad”) – maar nes met so baie dinge in die lewe raak ons so verstrengel in die lewe dat ons nie na die details kyk nie, en eenvoudig ons fokus na meer dringende dinge verskuif.
Dis net menslik – maar dit maak nie die gevare enigsins minder werklik nie. Kom ons kyk na die impak vir ‘n oomblik:
Statisties het rokers ‘n heelwat korter lewensverwagting as nie-rokers. Die verskil kan soveel as tien jaar wees vir strawwer rokers. As sulks is jy besig – solank jy aanhou rook – om jouself van jare se leeftyd te beroof wat jy kon gehad het…
Jou reaksie mag dalk wees “ons moet almal een of ander tyd doodgaan”…
Baie waar. Maar die probleem le nie net by waar dit eindig nie, maar by die deel net voor dit eindig – met alles wat jy sal mis…
Die deel waar jy jou kleinkinders kon geniet soos hulle grootword.
Die deel waar jy kon geniet het dit waarvoor jy jou lewe lank hard gewerk het – eerder as om alles op mediese rekeninge ta blaas.
Die deel waar jy nog ‘n KWALITEIT lewe kon he…
Sien, die van ons wat vir werkgewers werk volg ‘n redelik algemene patroon: Werk tot ouderdom 65, en tree dan af.
Nou – kom ons se dat, instede van 80 jaar oud, gaan jy net leef tot 70…
(hipoteties gesproke)
Ja – dis maar net tien jaar van jou lewe…
MAAR DIS TWEE DERDES VAN JOU AFGETREDE LEWE ! ! !
En natuurlik is dit nie die slegte dele wat jy verloor nie – dis die goeie jare wat jy sou kon he. As ‘n langtermyn roker sal jy waarskynlik meer ongemak, pyn, ens. ervaar in jou laaste jare, en dit sal nog meer van die kosbare tyd steel wat jy kon gehad het in jou goue jare.
Is dit die moeite werd om aan te hou, en nie op te hou rook nie?
Hoeveel is dit werd om jou kleinkinders te sien groot word en trou?
Hoeveel is dit werd om vir ‘n ekstra paar jaar te wees by die een wat jy liefhet?
Hoeveel is dit werd om te kan LEEF vir nog ‘n dekade?
Is dit prysloos?
Of is dit minder werd as jou volgende pakkie sigarette?
Jou lewe.
Jou keuse.
Gereed om op te hou rook? Kliek Hier vir ‘n oplossing – beproef sedert 1999, totaal natuurlik en totaal veilig.