Hou op Rook – en maak Meer Vriende

Hou op Rook – en maak Meer Vriende

Met die eerste oogopslag maak die stelling dalk nie veel sin nie: Hou op rook – en maak meer vriende. Maar as ons dieper begin kyk, raak baie dinge duideliker…

Hou in gedagte dat die aantal rokers elke jaar minder word, en die nie-rokers meer. Dis hoekom dit elke jaar nodig is om groter belastings in te stel op tabakprodukte. Voeg daarby die feit dat baie nie-rokers glad nie wil assosieer met rokers nie, en jy sny jouself uit ‘n goeie deel van die samelewing.

Mense wat rook is nie so kieskeurig oor diegene wat hulle as hul vriende kies nie. Nie-rokers, aan die ander kant, is ‘n erg kieskeurige klomp. Kyk maar net hoe gaan party van hulle aan as hul blootgestel word aan rokers…

Nier-rokers wil nie deel he aan wat rokers in die lug blootstel nie. Hulle verkies om self te besluit wat hulle in hul liggame wil inlaat, en is ook baie kieskeurig oor waaraan hulle hul kinders blootstel. Hulle het, per slot van rekening, hul redes hoekom hulle kies om nie sigarette te rook nie.

Nie-rokers – omdat hul reuk-sintuig beter is as die van rokers – is baie meer bewus van die onaangename reuke wat saam met rokers trek: in hul klere, hul motors, hul huise, ens. Diegene wat nog steeds rook se sintuie is effe afgestomp, so hulle ervaar dit nie so erg nie.

Nie-rokers hou nie daarvan om verontrief te word te wille van rokers se gewoontes nie. Voorbeelde wissel van die dringende stop by ‘n kafee wanneer iemand haastig iewers heen moet gaan, tot die een wat nie kan wag tot die kerkdiens klaar is sodat hy of sy kan gaan rook nie.

So…

As die nie-rokers klink soos ‘n onredelike klomp mense…

Dalk. Maar gaan gesels met enige iemand wat suksesvol opgehou rook het – en kry dan sy of haar perspektief op die saak. Jy mag dalk verbaas wees om te sien hoe hul houding teenoor rokers verander het sedert hul self opgehou het.

Laastens – hou die volgende in gedagte:

Baie rokers is al oorgesien as potensiele vriende, en selfs lewensmaats – bloot omdat hulle rook. Is jy bereid om die risiko te loop dat jy die pefekte vriend/-in of selfs ‘n lewensmaat moet prysgee omdat jy jouself met twak ophou?

Jou keuse. Maar dink mooi.

Gereed om op te hou rook? Kliek Hier vir ‘n oplossing – beproef sedert 1999, totaal natuurlik en totaal veilig.

social position

Share this post