Moet jy dalk jou werkers help om op te hou rook?
Sodra jy al die veranderbares begin optel, begin die syfers toon dat dit sin maak om jou rokende werknemers te help om op te hou rook waar moontlik. Oorweeg die volgende, en bepaal self watter effek dit op jou onderneming het:
1.Die sigbare koste:
Elke keer wat ‘n roker sy of haar pos verlaat om uit te gaan en te rook, betaal jy as werkgewer vir die tyd wat dit neem om die rook-area te bereik, te rook, en terug te keer tot by sy of haar pos. Afhangende van waar die rook-area gelee is, en of die persoon sigarette op sy of haar persoon mag hou, kan dit van ‘n paar sekondes tot ‘n hele klompie minute wees.
Nou – bereken hoe gereeld jou staf rook, hoe lank dit neem, en wat dit jou kos. NIE net in terme van wat JY betaal nie, maar in terme van wat elke werker se tyd vir JOU werd is. Byvoorbeeld: “n ambagsman by ‘n ingenieurswerke bring ‘n spesifieke bedrag in vir sy werkgewer elke uur wat hy werk. Dis DAARDIE tarief wat jy verloor, want die tyd kon op iets anders aangewend word om nog geld te genereer, of die projek vinniger klaar te kry.
2. Die verlore tyd:
As jy werk op ‘n uurlikse tarief sal jy vind dat rokers gewoonlik minder produktief is as nie-rokers. As sulks verminder dit die kapasiteit van jou onderneming in terme van beskikbare man-ure wat jy kan verkoop. As die roker ‘n verkoopspersoon is, kan dit jou selfs geld kos as gevolg van swak diens omdat hy of sy nie vinnig genoeg by die klient kan uitkom nie.
3. Nie-beskikbaarheid:
Terwyl die roker besig is met ‘n rook-breuk is hy of sy nie beskikbaar om enige ander taak te verrig nie. Sommige kan eenvoudig wees en min tyd verg, maar ander kan dalk dringend wees, en nou moet jy wat totdat die werker terugkeer.
4. Die effek op ander werknemers:
Terwyl die roker besig is om te rook in die (wetlik vereiste) rook-area soos aangewys, is hy of sy nie beskikbaar om te koordineer, toestemming te verleen/verkry, of instruksies te gee/neem nie. As sulks beinvloed die nie-beskikbaarheid van die roker ook die produktiwiteit van ander werknemers, wat tot die finansiele las bydra.
Die totale impak hiervan sal afhang van die die aard van jou onderneming, die totale hoeveelheid personeel, en die sleutelfunksies wat elkeen vervul. Selfs ‘n drywer wat skielik afwesig is wanneer iets so gou moontlik moet afgelewer word kan ‘n impak he op die kwaliteit van jou diens – wat uiteindelik ‘n impak op jou inkomste kan he. Vyf minute meer of minder kan dalk die verskil maak tussen of jy ‘n permanente verskaffer word al dan nie – en die klient kan ook ander mense beinvloed, positief of negatief.
5. Onregverdige behandeling kweek negatiewe houdings:
Werknemers wat rook is geregtig op gereelde rook-breuke. Bied jy dieselfde tyd af aan nie-rokende werknemers? Of betaal jy hulle ekstra omdat hulle meer produktief is? Bes moontlik nie. As sulks behandel jy jou nie-rokers onregverdig, omdat jy meer van hulle verwag as rokers, terwyl hulle niks in ruil daarvoor kry nie.
Die eindresultaat is dat rokers en nie-rokers uiteindelik ‘n gemeenskaplike weersin ontwikkel, omdat die rokers die vyandigheid kan aanvoel. Soos die atmosfeer tussen die twee groepe opbou, is dit waarskynlik dat dit – op een of ander stadium – ‘n negatiewe impak sal he op werksverhoudings, wat weer ‘n direkte impak sal he op jou inkomste.
Klink dit vergesog? Noem aan jou rokende werknemers dat die nie-rokers ook dieselfde tyd wil afhe – en kyk wat is die reaksie. Die eerste reaksie is gewoonlik een van “dis mos belaglik. Hoekom?”.
Aan die einde van die dag is dit JOU sak wat geraak word, en JY moet die impak daarvan bepaal en bestuur.
Dit laat jou as werkgewer met drie opsies:
a. Sny alle rook-breuke – met inagneming van die risiko van mislike, ge-irriteerde staf wat nie voluit presteer of kan saamwerk in die span nie. Dis dalk nie juis die beste keuse nie, want die sekondere effekte kan jou dalk selfs meer geld kos.
b. Laat die rokers ekstra tyd inwerk vir wat hulle afvat gedurende werkstyd. Alhoewel dit moontlik is, is dit nie altyd prakties nie, want iemand moet daar wees om toesig te hou – en jy moet daardie persoon betaal, so jy verloor nog steeds.
c. Help soveel moontlik werknemers om op te hou rook. Jy kan aanbied om die behandeling of podukte wat hulle wil gebruik te subsidieer (deels of ten volle), met die verstandhouding dat die wat weer begin rook daarna, die koste moet terugbetaal.
Die beste opsie is dalk om (a) en (c) te kombineer. Dit sal druk plaas op die rokers om op te hou rook, terwyl jy ‘n meganisme aanbied om dit moontlik te maak. Terselftertyd dwing jy gelyke produktiwiteit en gelyke behandeling van jou werknemers af – sonder dat jy die vark in die verhaal is.
Aan die einde van die dag is dit – in meeste gevalle – op die langer termyn die goedkoopste opsie om jou werknemers te help om op te hou rook.
Gereed om op te hou rook? Kliek Hier vir ‘n oplossing – beproef sedert 1999, totaal natuurlik en totaal veilig.