Tieners vind dit moeiliker as hulle ophou rook…

Tieners vind dit moeiliker as hulle ophou rook…

In party gebiede is rook onder tieners besig om toe te neem – ten spyte van die beskikbaarheid van hedendaagse kennis. Dit blyk dat tieners dit moeiliker vind as volwassenes om op te hou rook, en met rede…

Hou die volgende in gedagte:

1. Groepsdruk

stop smoking,quit smoking,fibre quit capsulesOns is almal bewus van die toenemende intensiteit van groepsdruk teenoor ons kinders. Dit dryf al hoe meer tieners na dwelms, alkohol, sigarette…

Die mens het van nature ‘n behoefte aan sosiale aanvaarding, en sal in baie gevalle ver gaan om in ‘n groep aanvaar te word – dalk weens die primitiewe instink van “veiligheid in getalle”.

2. Rolmodelle

Alhoewel dit nie meer so algemeen is soos voorheen nie, word die beeld van die rebelse tiener (wat rook) steeds in baie verhale voorgehou. Tieners assosieer hulself daarmee, en voel dis ‘n manier om uiting te gee an hul weersin met die wereld.

3. Familie

In baie gevalle het rokende tieners dan ook ouers wat self rook. As sulks word hy of sy dan groot met die persepsie van “as my ouers dit doen, kan is dit mos reg as ek dit ook doen…

Die impak van ouers se gedrag teenoor kinders is sigbaar op baie gebiede, insluitende rook, alkohol en dwelm-misbruik, en selfs gesinsgeweld.

So…

As ouer is dit jou verantwoordelikheid om jou tiener te help om hierdie struikelblokke te bowe te kom – of ten minste nie self een te wees nie.

Tieners is kwesbaar – omdat meeste van hulle nog besig is om hulself te vind, en hul plekkie in die samelewing te probeer definieer. Sonder behoorlike leiding (nie net instruksies en waarskuwings nie), bevind hulle dalk dat hulle nerens inpas nie, en probeer dan hopeloos te hard om wel iewers in te pas…

Dikwels op die verkeerde maniere.

Gereed om op te hou rook? Kliek Hier vir ‘n oplossing – beproef sedert 1999, totaal natuurlik en totaal veilig.

social position

Share this post