Hoeveel Kos dit WERKLIK om Sigarette te Rook?

Hoeveel Kos dit WERKLIK om Sigarette te Rook?

As ‘n sigaret roker het jy seker al gewoond geraak aan die feit dat jou gewoonte geld sluk – en dalk selfs al die wiskunde gedoen. Maar daar is BAIE meer aan dit as die kostes van sigarette en aanstekers…

Rook het baie sekondere kostes daaraan verbonde – baie daarvan weggesteek. Om dinge te vererger, is baie van hierdie kostes nie ooglopend nie (nes die gesondheids-aspekte van rook), so dit bly maar stadigaan oploop in die agtergrond.

Hier is ‘n paar dinge wat geld sluk sonder dat jy dit dalk besef:

1. Lewensversekering kos meer vir rokers, aangesien hul lewensverwagting korter is.

2. Mediese fondse sien rokers as hoe risiko lede, aangesien hule groter gevaar loop om komplikasies te ontwikkel soos die tyd aanstap. Daarbenewens het die gemiddelde roker ook meer dikwels madiese aandag en medikasie nodig soos hul ouer word. Die premies word by hierdie risiko aangepas.

3. Tande-sorg – rokers spandeer meer geld op tandartse en verwante produkte as nie-rokers.

4. Die waarde van jou huis verlaag – aangesien die tabak-reuk aan alles intrek. Baie nie-rokers word daardeur afgesit, en kan jou dwing om die prys van jou eiendom te verlaag bloot om dit verkoop te kry.

5. Die waarde van die meubelment en ander besittings in jou huis word ook daardeur geraak.

6. Motorversekering kos meer vir rokers – dis statisties bewys dat rokers meer risiko inhou om betrokke te raak in ongelukke, en dit kos jou.

7. Die reuk wat agterbly in jou motor van langdurige rook sal waarskynlik die herverkoop waarde van jou voertuig beinvloed wanneer jy dit wil inruil of verkoop.

8. “n Laer inkomste – statisties verdien rokers sowat 4 – 11% minder as nie-rokers.

9. As sulks is jou pensioen bydrae kleiner, en sal jou pensioen uitbetaling dus eendag ook minder wees – wanneer jy die geld regtig nodig het om die addisionele mediese kostes te absorbeer.

10. Aangesien die reuk van sigaretrook in alles intrek, sal jy waarskynlik meer spandeer op skoonmaak van jou meubels, huis, klere en voertuig.

En laastens…

Ons praat nie eers van wat dit sou kon inbring as jy die geld wat jy elke maand uitrook eenvoudig kon bele in ‘n uitkeerpolis nie. Hoeveel sou dit kon werd wees teen aftrede?

Dalk is dit tyd dat jy gaan sit en REGTIG somme maak – en besluit of jy bereid is om verder die prys te betaal. Jy sal definitief geskok wees wanneer jy die syfers sien…

Gereed om op te hou rook? Kliek Hier vir ‘n oplossing – beproef sedert 1999, totaal natuurlik en totaal veilig.

social position

Share this post