Wat het jy hierdie maand uitgerook?

Wat het jy hierdie maand uitgerook?

As jy nog nie besluit het om op te hou rook nie, mag jy dalk oorweeg om ‘n stappie terug te neem, en na dit kyk vanuit ‘n ander oogpunt – deur te meet wat jy prysgegee het die afgelope maand…

stop smoking,quit smoking,fibre quit capsulesHier is ‘n paar basiese voorbeelde van wat jy dalk met jou geld kon gedoen het as jy dit nie op sigarette spandeer het nie. Dit is rofweg bereken gebaseer op die pryse van die ouer, gevestigde handelsname. Besluit vir jouself watter van hierdie op jou spesifieke situasie van toepassing is:

1. Jy kon twee brode per dag koop – sestig in totaal.

2. Jy kon die versekering op jou voertuig betaal het.

3. Jy kon gaan uiteet en/of ‘n spesiale tyd met iemand deel – kan jy enigsins die waarde daarvan in jou verhouding bereken?

4. Jy kon nog klere of skoene tot jou klerekas toegevoeg het.

5. Jy kon die geld bygevoeg het by jou vakansie-spaarbussie – en dit kan oor ‘n jaar ‘n mooi hoeveelheid word.

6. Jy kon elke aand ‘n nuwe DVD gehuur en geniet het.

7. (dames) Jy kon jouself bederf het met skoonheids-behandelings.

8. Jy kon ‘n splinternuwe rekenaarspeletjie van jou keuse gekoop het.

9. Jy kon jouself elke dag met iets lekker bederf het.

10. Jy kon iewers oorgeslaap het vir ‘n romantiese aand met iemand spesiaal.

11. Jy kon die familie uitgeneem het vir ‘n lekker dag saam.

12. Jy kon ‘n paar nuwe CD’s of selfs DVD’d gekoop het.

13. Jy kon betaal het vir DSTV.

14. Jy kon jou kar professioneel laat skoonmaak – twee keer.

15. Jy kon die geld op jou stokperdjie spandeer het, en ure se plesier daaruit gehad het.

En selfs al het jy die geld gehad om hierop te spandeer, sou jy dan weer geld gehad het vir iets anders…

Wanneer jy begin dink sal jy waarskynlik ‘n lang lys van jou eie kan skep oor wat jy met die geld KON gedoen het – wat jy toe op sigarette spandeer het. Die werklikheid is egter dat, tensy jy ophou rook, jy sal moet aanhou om dit op te offer.

So – besluit self:

Was dit die moeite werd, of nie?

Gereed om op te hou rook? Kliek Hier vir ‘n oplossing – beproef sedert 1999, totaal natuurlik en totaal veilig.

social position

Share this post