In die ou dae was dit “in” om sigarette te rook…

In die ou dae was dit “in” om sigarette te rook…

As mens terugkyk na ou rolprente, was dit destyds die “in-ding” vir rolmodelle om te rook. Die uitbeelding van ‘n man wat rook is voorgehou as manlik, sterk, en onweerstaanbaar….

Wat het gebeur? Jong seuns het hulself met hul rolmodelle se gedrag begin assosieer. Jong dames het die voorgehoude beeld van “die sterk man wat rook” as vanselfsprekend aanvaar, en die assosiasie gemaak…

Vir ‘n tyd lank het dit alles mooi uitgewerk soos die sigaret-industrie dit wou he. Maar toe gebeur iets onbeplan…

Die gemiddelde persoon se algemene kennis het begin verbreed – soos inligting al hoe meer en meer geredelik beskikbaar geword het.

As gevolg daarvan, gekoppel aan jare se navorsing, het die verbruiker geleer dat daar ‘n verskeidenheid van gesondheids-gevare gekoppel is aan die rook van sigarette.

Tesame met dit het die gemiddelde verbruiker meer krities begin raak, en die onaangename reuke afstootlik begin vind. Dit, tesame met die gesondheids-gevare, het selfs tot gevolg gehad dat nie-rokers uiteindelik sou weier om saam met rokers ‘n restaurant te deel…

Soos wat die mensdom se kennis en toegang tot higiene verbeter het, het die reuke wat aan klere, meubels, ens vasklou ook al hoe minder aanvaarbaar geword. Om natuurlik nie te praat van die huisvrouens en vuil asbakke nie…

Uiteindelik het al die faktore saamgespan om die lewe vir sigaret-rokers al hoe moeiliker te maak, en selfs uit baie publieke plekke te verdryf.

Waar rook op een stadium die “in-ding” was, het dit nou die “sosiaal onaanvaarbare gewoonte” van ‘n minderheid geword.

Nie dat die sigaret-industrie kla nie – soos minder en minder mense rook, pas hul eenvoudig die pryse aan vir die oorblywende verslaafdes.

Is jy nog een van hulle?

Gereed om op te hou rook? Kliek Hier vir ‘n oplossing – beproef sedert 1999, totaal natuurlik en totaal veilig.

social position

Share this post