Hou op Rook – 7 Voordele van Ophou Rook

Hou op Rook – 7 Voordele van Ophou Rook

Vir meeste mense is die keuse om op te hou rook een van die moeilikste keuses om te maak – veral as jy vir ‘n geruime tyd gerook het. Partymaal is egter slegs een ding nodig – ‘n eenvoudige verskuiwing in persepsie. Jy mag dalk verder wil lees…

1. Wanneer jy ophou rook, verminder die risiko vir hart-verwante siektes met die helfte binne die eerste jaar. Dink net: 50% minder waarskynlikheid van ‘n hartaanval, beroerte, of selfs hoe bloeddruk – bloot omday jy EEN verandering aan jou lewenstyl aangebring het. Jy sal ook minder geneigd wees om uitasem te raak, gespanne te wees of konstant moeg te voel.

2. Rook laat jou ouer lyk as wat jy werklik is (sien die artikel getiteld “rook laat jou oud lyk“), en veroorsaak vlekke op jou vingers en tande. Wanneer jy ophou rook vertraag jy die onnatuurlike veroudering, en jy sal vir langer jonk lyk.

3. Rook belemmer jou smaak – want net soos die nikotien in jou longe saampak, doen dit dieselfde op jou tong. Dit interfeer met jou smaak-meganisme, en jy verloor die vermoe om besondere kosse te waardeer. Wanneer jy ophou, verminder die neerslag geleidelik, en uiteindelik kan jy kos weer ten volle geniet.

4. Wanneer jy sigarette uit jou lewe verwyder, hou jy op om gemeen te wees teenoor diegene vir wie jy omgee – want jy forseer nie meer jou tweedehandse rook op hulle af nie. As sulks kan jou besluit dalk iemand naby aan jou se lewe red – baie mense het al gesterf van longkanker weens tweedehandse rook.

5. Nie-rokers is statisties bewys as meer vrugbaar, en nie-rokende moeders se kanse om ‘n miskraam te he is heelwat kleiner as die van rokers.

6. Terwyl jy sigarette rook, word jou reuksintuig (nes jou smaak) ook verminder. As sulks kan jy nie altyd ruik wat andere om jou ruik nie – soos kos, blomme, ens. Wanneer jy ophou sal jou reuk-vermoe geleidelik terugkeer, terwyl jy, jou klere, jou huis en motor al hoe minder sleg sal ruik, Uiteindelik sal jy in staat wees om te ruik hoe ander rokers ruik, en dit sal jou waarskynlik walg die dag wanneer jy dit self kan ruik.

7. Jy sal jouself ‘n klein fortuin spaar – sien die artikel getiteld “hoeveel kos dit jou werklik om te rook?”. Buiten die geld wat jy op sigarette spandeer, sal jy ook ophou om jou huis en motor se waarde te verminder, en jou mediese uitgawes sal uiteindelik minder wees (veral wanneer jy ouer word, en dit saak maak).

Laastens – nie-rokers leef gewoonlik langer. Hou in gedagte dat die verlore jare van jou lewe nie die slegtes is nie (want rokers wat oud word sukkel gewoonlike selfs meer as nie-rokers), maar die goeies. Elke sigaret wat jy rook verkort blykbaar jou lewe met sowat tien minute – hoeveel jaar van jou lewe het jy reeds verloor?

Dis nooit te laat – of te vroeg – om op te hou rook nie. Dit is egter ironies dat jy hierdie voordele slegs kan waardeer wanneer jy dit ervaar.

So…

Neem jou lewe terug.

Stop. Vandag.

Gereed om op te hou rook? Kliek Hier vir ‘n oplossing – beproef sedert 1999, totaal natuurlik en totaal veilig.

social position

Share this post