Rook jy, of is jy in beheer van jou eie lewe?
Dink mooi: Rook jy, of is jy in beheer van jou eie lewe? Want as jy rook, is jy nie heeltemal in beheer nie. Jy mag dalk beter voel wanneer jy gerook het, maar dis net tydelik…
Hou die volgende in gedagte:
1. Wanneer jy rook, kan jy nie besluit wanneer jy (nie) wil rook nie – jy raak ge-irriteerd as jy lus raak, en nie ‘n sigaret het nie. Indien jy dan ingee, beheer die sigaret JOU.
2. “n Roker mag nooit sonder sigarette of aansteker wees nie. Hoeveel keer het jy al teruggery huistoe, or onbeplan by ‘n kafee gestop om sigarette en/of aansteker te koop nadat jy joune by die huis vergeet het?
3. Hoeveel keer het jy al buite toe gegaan om te gaan rook (want jy MOET rook, al mag jy dit nie daar doen waar jy op daardie oomblik is nie), of in gure weer gaan rook? Die rooklus vra nie of jy mag nie – hy se net jy MOET.
4. Het jy al probeer ophou rook, en misluk? Dan is die sigaret mos onteenseglik in beheer…:)
Moet nooit die verslawende eienskappe van nikotien onderskat nie. Reeds in die tagtigerjare het sigaretmaatskappye geweet dat dit erg verslawend is, en dit gebruik om hul inkomste stabiel te hou.
Net soos ‘n alkoholis nie sonder alkohol KAN klaarkom nie, en ‘n dwelmverslaafde nie sonder dwelmmiddels KAN klaarkom nie, KAN ‘n roker ook nie sonder sigarette klaarkom nie.
Indien jy ‘n roker is en voel hierdie stelling is absurd, sit jou sigarette neer vir ‘n maand – as jy kan.
As jy nie kan nie, is jy nie in beheer van jou eie lewe nie.
Gereed om op te hou rook? Kliek Hier vir ‘n oplossing – beproef sedert 1999, totaal natuurlik en totaal veilig.